Botswana, China, SA, Zambië en VK is Namibië se top-uitvoerlande

Gedurende Desember 2022 was Namibië se top-vyf uitvoermarkte Botswana, China, Suid-Afrika, Zambië en die Verenigde Koninkryk, volgens die handelsbulletin. Botswana beslaan 24 persent van alle Namibiese goedere wat uitgevoer is, gevolg deur China met 17,2 persent van die totale uitvoer. Suid-Afrika en Zambië is derde en vierde met onderskeidelik 15,9 persent en 6,8 persent. Die Verenigde Koninkryk beklee die vyfde posisie met 4,4 persent. Suid-Afrika, die Verenigde Arabiese Emirate, China, Saoedi-Arabië en die Verenigde State van Amerika is top-vyf invoerlande vir Namibië. Suid-Afrika bly die grootste bron van invoer met ‘n aandeel van 40,8 persent. In die tweede plek is die Verenigde Arabiese Emirate met ‘n bydrae van 16,6 persent. China is in die derde plek en verantwoordelik vir 9 persent van Namibië se totale invoer. In die vierde en vyfde posisies was Saoedi-Arabië en die VSA met onderskeidelik 6,3 persent en 3,9 persent.