Bankman-Fried het blykbaar met getuies ingemeng

‘n Federale regter het die FTX-stigter, Sam Bankman-Fried se borgtogvoorwaardes tydelik verskerp nadat hy verneem het dat Bankman-Fried ‘n teksboodskap aan ‘n voormalige topbestuurder van sy kripto-beurs gestuur het. Regter Lewis Kaplan sêdit blyk ‘n “wesenlike dreigement van onvanpaste kontak met voornemende getuies te wees.” Die beperking kom nadat federale aanklaers die vooruitsig geopper het dat daar met getuies gepeuter is. Bankman-Fried het skuld ontken op agt kriminele aanklagte van bedrog en sameswering. Sy prokureur sê die boodskap was vriendskaplike maar die regter het nie saamgestem nie.