Talle buitelanders registreer besighede in Namibië

Luidens die jongste inligting wat deur die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsagentskap, Bipa, bekend is, het Suid-Afrikaners verlede jaar die meeste besighede in Namibië geregistreer op 698. Zimbabwe het tweede gekom op 630, China derder met 239 en Nigerië vierde met 104 besighede. Oorsese lande het ook plaaslik gevestig met 101 Duitsers wat maatskappy oopgemaak het, 67 Britte en 69 Amerikaners. Die syfers toon geen tendens nie omdat Bipa sê dit verander elke jaar. In 2021 het Zimbabwiërs voorgeloop met amper 1 000 besighede wat daardie jaar plaaslik gevestig is. Die owerheid sê verder dat 778 handelsmerk aansoeke ontvang is en met 1 478 wat verlede jaar geregistreer is wat regte vir tien jaar waarborg.