Malema misbruik die regstelsel – AfriForum

AfriForum sê die EFF-leier Julius Malema misbruik doelbewus die regstelsel deur die verloop van sy wapensaak onnodig te vertraag. Malema sê landdros Twanet Olivier moet aan die saak onttrek en beskuldig haar van vooroordeel. Hy staan tereg op ‘n aanklag dat hy die Wet op Vuurwapenbeheer oortree het toe hy in 2018 tydens ‘n saamtrek in Mdantsane ‘n vuurwapen in die openbaar afgevuur het. Jacques Broodryk van AfriForum sê Malema se vertragingstaktieke is onaanvaarbaar: