Rusland beplan blykbaar groot aanval op eerste herdenking van oorlog

Oekraïne se minister van verdediging, Oleksii Reznikov, waarsku dat Rusland op die 24ste van die maand ‘n groot aanval beplan om saam te val met die eenjaar-herdenking van die oorlog. Hy sê die aanval sal waarskynlik op twee gebiede fokus: die ooste van die land waar swaar gevegte die afgelope weke voorgekom het; en die suide. Reznikov beweer Moskou het sowat 500 000 soldate gemobiliseer vir die moontlike aanval. Oekraïne het onlangs weer ‘n beroep gedoen op meer militêre toerusting soos vegvliegtuie, om hom teen lugaanvalle te beskerm.