Wakudumo blameer verstedeliking vir skooltekorte op Rundu

Die goewerneur van die Kavango Oos-streek, Bonfiasius Wakudumo, sê die vinnige toename in stedelike migrasie na Rundu het daartoe gelei dat die meer as 1 000 leerders nie vanjaar plasing by verskeie skole in die Rundu-onderwyskring gekry het nie. Die leerders word nou in tente gehuisves. Volgens Wakudumo is die bevolking van Rundu op 105 785, wat beteken dat meer as 64 persent van die inwoners van die streek op die dorp woon. Die streek het ‘n groeikoers van 1,69 persent per jaar aangeteken. Hy voeg by die streek het net meer as 73 700 leerders, waarvan 36 800 in Rundu is en daarom die druk op die onderwysinfrastruktuur.