Israel voer lugaanvalle in Gaza uit

Die Israelse weermag het vroeër vanoggend verskeie lugaanvalle op die sentrale Gaza-strook uitgevoer. Die lugaanvalle was gerig op ‘n produksieterrein vir die vervaardiging van onverwerkte chemiese materiaal, en ‘n wapen-vervaardigingsterrein van die Palestynse Islamitiese beweging, Hamas. Die lugaanvalle kom ure nadat die weermag gesê het hulle het ‘n vuurpyl uit die Palestynse gebied onderskep. Verlede week het Gaza-soldate en Israel ‘n maande lange oorgrens-kalmte met vuurpyle en lugaanvalle verbreek nadat tien Palestyne in ‘n Israelse militêre operasie in die Wesoewer dood is.