Porridge Storage vra vir bystand, voer 300 kinders

’n Sopkombuis in Havana genaamd Porridge Storage het sy bedrywighede in 2019 begin en is in die Havana informele nedersetting oorkant Laerskool Havana in die hoofstad geleë. Dit voed tans meer as 300 minder bevoorregte kinders tussen die ouderdomme van 1 en 19 jaar, en skenk terselfdertyd ook sanitêre doekies aan diegene wat dit nie kan bekostig nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Martha Festus, die stigter van Porridge Storage, gesels wat ‘n beroep doen op enige barmhartige Samaritane of korporatiewe maatskappy om hul organisasie by te staan aangesien hulle ‘n tekort aan kos, klere, boeke, komberse en ander benodigdhede ervaar.