NamRA soek insette oor doeane, belasting

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, nooi lede van die publiek om deel te neem aan die eerste openbare kompetisie ooit, genaamd NamRA Talks. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir almal wat hul mening oor doeane- en belastingverwante aangeleenthede wil hoor. Lede kan ‘n voorlegging van nie meer as 1 000 woorde oor enige van dié onderwerpe voor 6 Februarie indien. Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasiehoof van NamRA verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die kompetisie werk.