Welsynsorganisasie presteer baie goed

Co-Feed Namibia is ‘n welsynsorganisasie wat tydens die Covid-pandemie in 2020 gestig is. Dit is ‘n inisiatief wat deur Namibiërs gelei word om mense in nood te ondersteun. Die organisasie het uiters goed presteer en duisende huishouding met kos en ander kritiese benodighede voorsien. Linda Baumann van Co-Feed het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en bedank al hul borge en vrywilligers wat ‘n helpende hand aan behoeftiges in 2022 verleen.