Beroepe dat VSA Bolsonaro-visum weier

Een-en-veertig Demokratiese lede van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers vra dat President Joe Biden  saamwerk met Brasilië se ondersoek na gewelddadige betogings in Brasilia en enige Amerikaanse visums wat aan die voormalige president, Jair Bolsonaro, gegun is terugtrek. Bolsonaro, het na Florida gevlieg twee dae voordat sy termyn op 1 Januarie geëindig het en Luiz Inacio Lula da Silva die amp beklee het. Die osptand het op 8 Januarie plaasgevind. Intussen vra Bolsonaro vir ‘n nuwe, ses-maande besoekersvisum nadat sy Januarie visum, as staatshoof, verval het. Hy mag ingevolge Amerikaanse wet nie weer ‘n diplomatieke visum ontvang nie. Daar word berig dat hy ook Italiaanse owerhede vir ‘n verblyfvisum gevra het. Kriminele klagte word op die oomblik deur Lula se administrasie ondersoek.