Goeie nuus vir avokado-liefhebbers

Lief vir avokadopere? Daar’s verligting… In hierdie week se varsproduktemark-oorsig bespreek die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe hoekom avokadopeer-pryse met 22 persent gedaal het. Hy sê dit het te doen met laer vraag op die mark sowel as die laer kwaliteit wat deur die verskaffers gelewer word.