Rust-skietery: Baldwin formeel aangekla

Die akteur Alec Baldwin en wapenspesialis, Hannah Gutierrez-Reed, is formeel aangekla van onopsetlike manslag ná die skietdood in 2021 van ‘n rolprentfotograaf op ‘n filmstel in Nieu-Mexiko. Baldwin het tydens repetisies vir die film die Colt-vuurwapen vasgehou wat afgegaan het. Die fotograaf Halyna Hutchins is in die voorval dood en regisseur Joel Souza is gewond. Baldwin se prokureur, Luke Nikas, beskryf die aanklag as ‘n verskriklike onreg en sê die akteur het geen rede gehad om te dink daar is ‘n lewendige koeël in die wapen of op enige ander plek op die filmstel nie.