NWR is geskok deur vakbondaantygings oor nakoming van ooreenkoms

Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama, is verbaas oor die uitlatings van die sekretaris-generaal van die Staatsdiensunie van Namibië, Mathew Haakuria, oor oortydbetalings van werknemers van NWR. Haakuria het beweer NWR het versuim om ‘n memorandum van verstandhouding na te kom om nie sy werknemers se oortyd te betaal nie. Haakuria eis dat NWR sy wetlike verpligtinge rakende oortydbetaling moet nakom. NWR het volgens Haakuria op 24 Mei 2022 ‘n interne personeel-kennisgewing uitgereik wat verklaar dat oortydbetaling op 1 November 2022 sou begin, maar geen oortydgeld is sedertdien aan enige van sy werknemers betaal nie. Dr. Ngwangwama sê Haakuria se bewerings is vals, trouens NWR het op dié datum wel met oortydbetalings begin.