Namibiese jagluiperdwyfie in Indië siek

‘n Namibiese jagluiperdwyfie, wat onder die agt jagluiperds is wat uit Namibië in Indië gevestig is, het siek geword en ly glo aan nierprobleme en dehidrasie, het ‘n Indiese bosboubeampte bevestig. Indiese eerste minister Narendra Modi het die agt jagluiperds – vyf mannetjies en drie wyfies – in die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh se Sheopur-distrik in op 17 September 2022 vrygelaat. Die bosbou-departement het die siek wyfie uit die groot kamp na ‘n kleiner omheining verskuif vir behandeling. Die jagluiperd is onder toesig van dokters gehou en ‘n span veeartsenykundiges van Bhopal is ook vir waarneming ontbied.