Veediefstal beloop miljoene in Zambezi

Boere in die Zambezi-streek het volgens die Namibiese polisie, verliese van 2 miljoen Namibiese dollar in veediefstal gely. Die streek het sedert verlede jaar uiters groot uitdagings gehad met gewapende, en blykbaar vreeslose, veediewe vanuit, onder andere, Zambië. Die woordvoerder van Nampol, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi het aan plaaslike media bevestig dat daar verlede jaar 77 veediefstal gevalle bevestig is net dat 313 bees gesteel is. Owerhede kon net 140 diere terugvind. Shikwambi sê Namibiërs, Zambiërs en Angolese burgers is in hegtenis geneem in verband met die misdade. Sy voeg by dat swartmark diere al hoe meer gesog word en bekamping van die misdaad raak moeiliker.