Nog geen vloedwaters van die Okavangorivier nie

Die Okavangorivier se vlakke styg redelik vinnig en is tans op 4,64 meter. Volgens Mark Paxton van Shamvura Camp by die rivier, is daar nog nie water op die rivier se vloedvlaktes nie. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê die wêreld lyk baie mooi en die landerye kom ook goed aan.