Nuwe datasentrum bewys Kaapstad se tegniese bevoegdheid

Die Stad Kaapstad het saam met die span van Africa Data Centres aan die sooispit-seremonie van hul nuwe onderneming in Kaapstad deelgeneem. Die datasentrum is die tweede in die metro en behoort aan Cassava Technologies. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die nuwe fasiliteit, saam met die opgradering van die bestaande een, beteken die maatskappy se totale belegging in Kaapstad se infrastruktuur oor die volgende twee tot drie jaar, sal meer as 1,5 miljard Suid-Afrikaanse rand wees en sowat 500 werkgeleenthede skep: