Pence het ook dokumente…
Die kwessie van geklassifiseerde dokumente blyk om ‘n epidemie te wees in die VSA… nog dokumente is in die huis van die voormalige Amerikaanse vise-president, Mike Pence, in Indiana gevind en aan die FBI oorhandig. Pence se verteenwoordigers sê die dokumente is per abuis aan die einde van die Trump-administrasie na sy huis geneem en hy was onbewus daarvan. Dit volg terwyl President Joe Biden en Donald Trump ook ondersoek word vir die besit van geklassifiseerde dokumente by hulle huise. Withuis-rekords is veronderstel om ingevolge die Wet op Presidensiële Rekords in die nasionale argiewe geberg te word wanneer ‘n administrasie se termyn verstryk.