SAPD-vakbond het kommer oor polisie-moorde

Die Polisie- en Gevangenes se Burgerregte-vakbond in Suid-Afrika sê hy het met ontsteltenis kennis geneem van die voortgesette moorde op polisiebeamptes in die land. In die jongste voorval is adjudant-offisier Roger Mavundla, sy vrou en twee kinders in ‘n hinderlaag doodgeskiet toe hulle in hulle voertuig in Port Edward, KwaZulu, gesit het. Kaptein Siphumeza Lusasa is ook die naweek in Khayelitsha doodgesteek. Die woordvoerder van Popcru, Richard Mamabolo, sê net van Julie tot September verlede jaar is 22 polisiebeamptes vermoor: