Sal SA sy rentekoers môre verhoog? Ekonome dink so…January 25, 2023

Terwyl die plaaslike rentekoers op 15 Februarie deur die Bank van Namibië aangekondig word, vergader die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om hulle besluit oor rentekoerse te bespreek, wat môre aangekondig word. Die direkteur en hoofekonoom van Econo-metrix, Azar Jammine, sê dit is moontlik dat die terugkoopkoers met ʼn kwart-persent kan styg, hoewel die inflasiekoers reeds vier agtereenvolgende maande ‘n daling getoon het. Volgens Jammine is daar kommer dat beurtkrag tot ʼn verhoging in die terugkoopkoers kan lei: