DBV oorweeg regstappe teen Sheba se eienaar

Die Nasionale Raad van DBV’s in Suid-Afrika sê hy oorweeg regstappe teen die eienaar van Sheba die tierwyfie nadat sy van kant gemaak is. Sheba het ontsnap uit haar kamp in Walkerville, suid van Johannesburg. Die raad sê hy stel verder ondersoek in na die saak. Sheba se eienaar, Rassie Erasmus, kon volgens die raad nie daarin slaag om die tier veilig te vang nie en het nie vir hulle óf die plaaslike DBV gekontak nie. Sheba is doodgeskiet nadat sy ‘n man en ook honde in die omgewing aangeval het.