Lewenskoste is grootste krisis wat wêreld in gesig staar

Die heersende krisis in verband met lewenskostes is die grootste globale risiko oor die volgende twee jaar. Dit is volgens internasionale peilings deur kenners. Dit is alom bekend dat voedselpryse en maatskaplike geweld gekoppel is en onluste neem toe in tye van uiters hoë lewenskostes. Maar, die mees kwesbare lede van gemeenskappe regoor die wêreld sal die swaarste kry. In Europa se rykste land, Duitsland, het begunstigdes van voedselbanke met 50 persent gestyg in die afgelope jaar. Inflasie sal volgens kenners hoog bly in veral die koste van voedsel en energie wat kan lei tot verdere stygings in rentekoerse, wat op sy beurt ekonomiese inkrimping veroorsaak. Dit is die eerste keer in meer as tien jaar wat lewenskostes internasionaal gelys word as ‘n daadwerklike risiko, volgens Allianz se Risiko-barometer. Die risiko is volgens Allianz se peiling van sewende plek tot derde in Namibië opgeskuif.