SA se gevangenes vaar goed met matriek

Die Suid-Afrikaanse minister van korrektiewe dienste, Ronald Lamola het bekendgemaak die gevangenes matriekklas van 2022 het ʼn slaagsyfer van 87,5 persent behaal. Dit is ʼn verbetering van 10,5 persent teenoor die slaagsyfer van 77-persent in 2021. Voltydse leerders se slaagsyfer is 95,9 persent en deeltydse leerders se slaagsyfer was hoër as 60 persent. Volgens Lamola het 11 skole van van die diens ʼn slaagsyfer van 100 persent aangeteken, wat ʼn verbetering is teenoor verlede jaar se agt skole: