Duin 7 in haglike toestand

Die gewilde toeristebestemming Duin 7 by die kus is al vir maande in ‘n haglike toestand met vullis wat gestrooi is en asblikke wat oorloop. Chameleon Safaris, a toermaatskappy het hul gereelde besoeke met gaste daar gestop weens die haglike toestand. Die woordvoerder van die Namibiese ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle personeellede is opdrag gegee om die vullis te gaan optel. Hy sê die ministerie sê hulle sal die plek en die Dorob Nasionale Park deurentyd skoonhou.