Namibië as heeljaar-toeristebestemming bemark

Kamerbesettingsyfers by landwye gasvryheids-instansies het in Desember 2022 volgens data van die Gasvryheidsverening van Namibië op 37,9 persent gestaan, vergeleke met 45,8 persent in die vorige maand, wat die jaarlikse gemiddelde op 40,1 persent in 2022 te staan bring. Dit is byna dubbel die jaarlikse gemiddelde in 2021 en sedert Junie 2022 het ongeveer 80 persent van die pre-pandemiese vlakke bereik. Plaaslike toeroperateurs se doelwit is om Namibië as ‘n heeljaar-bestemming te bemark, sê Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die vereniging aan Kosmos 94.1 Nuus.