Vermeende baba-moordenares bly in aanhouding

Die voormalige Namibiese polisiebeampte Lucia Boois, wat daarvan aangekla word dat sy haar eenjarige baba, Alejandro Boois, by Bethanie vermoor het, bly in aanhouding nadat die staat borgtog teengestaan het. Sy het in die Keetmanshoop-landdroshof op aanklagte van moord en regsverydeling verskyn, maar nie gepleit nie. Daar is voorheen berig dat sy beplan om skuldig op die aanklagte te pleit. Boois het ook aangedui dat sy haar eie verdediging sal behartig. Landdros Mulonnda Masuku het die saak tot 10 Maart uitgestel. Die baba is in ‘n vlak graf begrawe wat met klippe bedek is op die plaas Bucholzbrunn in die Bethanie-distrik.