NEF sien uit na moontlikhede vanjaar

Die Namibiese Werkgewersvereniging sê hy is optimisties oor die plaaslike ekonomie in die komende jaar. Die waarnemende sekretaris-generaal Helen Ochs sê werkgewers moet vanjaar woeker met beter groei om sodoende werkverskaffing te verbeter. Sy voeg by dat lede die belangrikste fokus van die vereniging vanjaar sal wees en sê daar sal gesprekke gevoer word oor wat lede die nodigste het. Die Bank van Namibië het onlangs voorspel dat die groei wat in 2022 aangeteken is, die jaar sal verlangsaam. Ochs sê dat die vereniging bona fide vakbonde ondersteun en die driedelige aanslag tot sake en werkverskaffing hoog op die prys stel.