China: 80% van bevolking het reeds Covid gehad

Volgens ‘n senior regerings-wetenskaplike in China staar die land die moontlikheid van ‘n groot Covid-herhaling oor die volgende twee of drie maande in die gesig, aangesien 80 persent van die bevolking Covid-infeksie opgedoen het. Die massa-beweging van mense gedurende die Chinese Nuwejaars-vakansie kan die pandemie versprei, wat infeksies in sommige gebiede bevorder. Op 12 Januarie is byna 60 000 mense met die virus in hospitale dood. Wu Zunyou, hoof-epidemioloog van China se Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming, sê ‘n tweede Covid-golf is onwaarskynlik in die nabye toekoms.