SA se Nasionale Energiekrisis-komitee gee vorderingsverslag

Die Nasionale Energiekrisis-komitee in die buurland het strukturele foute in die ontwerp van nuwe kragstasies en historiese onder-belegging in kragopwekkings-kapasiteit geïdentifiseer as faktore wat bydra tot die huidige kragkrisis. Die komitee het ‘n ses maande vorderingsverslag oor die implementering van die energie-aksieplan vrygestel. Bykomende krag is deur die Suider-Afrikaanse kragpoel ingevoer en onderhandelinge is aan die gang om meer van buurlande te bekom. Eskom het ook ‘n program ontwikkel om krag by maatskappye met beskikbare opwekkings-kapasiteit aan te koop.