Zambiese klasgeding oor loodvergiftiging begin teen Anglo-American

‘n Verhoor het in die hooggeregshof in Johannesburg begin om te bepaal of nagenoeg 140 000 vroue en kinders in Zambië ‘n klas-geding kan bring teen die mynreus Anglo American oor bewerings van loodvergiftiging. Die groep woon in die dorp Kabwe, waar daar vir nagenoeg 50 jaar mynbedrywighede was waartydens hulle loodvergiftiging opgedoen het. Verskeie studies het bevind dat van die inwoners weens die blootstelling aan sekere mynbedrywighede talle siektes ontwikkel het en selfs breinskade opgedoen het. Anglo American betwis die eis en sê die eisers is opportunisties. Die myn is nie meer in bedryf nie.