ANC-konferensie in Vrystaat gaan voort ná chaos

Verrigtinge by die ANC in die Vrystaat se verkiesingskonferensie by die Imvelo Safari Lodge in Bloemfontein het voortgegaan ten spyte van die chaos wat Vrydag ‘n oponthoud met die registrasieproses veroorsaak het. Volgens berigte is talle oproerige lede in hegtenis geneem nadat die polisie hulle met rubberkoeëls by die lodge uiteengejaag het. Die res van die groep is daarna na die Dr. Petrus Molemela-stadion vir die registrasieproses. Hulle beskuldig afgevaardigdes van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee daarvan dat hulle hul opsetlik van die konferensie wil weghou. Die hoof van die span afgevaardigdes, David Mahlobo, het bevestig dat 59 takke klagtes ingedien het. Hy sê ANC-lede moet eers hul ontevredenheid intern met die provinsiale konflik-resolusie-komitee probeer oplos.