DA vier matriekuitslae saam met leerders

Die DA in Gauteng vier saam met leerders en ouers die uitslae wat deur die 2022-matrieks in die provinsie behaal is. Ten spyte van geweldige uitdagings die afgelope drie jaar, insluitend die Covid-pandemie en die verwante inperkings, die gemeenskapsbetogings, beurtkrag en bende-bedrywighede in sekere gemeenskappe, het Gauteng se matrieks hierdie struikelblokke oorwin. Die DA-lid, Khume Ramulifho, sê leerders het fantastiese werk gedoen en ‘n slaagsyfer van 84,4 persent behaal, wat 69 849 universiteits-toelatings insluit.