Google se moedermaatskappy besnoei 12 000 poste

Google se moedermaatskappy, Alphabet, het wêreldwyd sowat 12 000 werkbesnoeiings aangekondig weens ‘n veranderende ekonomiese werklikheid. Hierdie is die jongste Amerikaanse tegnologie-reus wat grootskaalse herstrukturering deurvoer. Die afleggings volg ‘n dag nadat Microsoft gesê het hy sal personeelgetalle in die komende maande met 10 000 verminder, ná soortgelyke besnoeiings deur Facebook-eienaar Meta, Amazon en Twitter, omdat die voorheen onaantasbare tegnologie-sektor worstel teen ‘n reuse-ekonomiese afswaai.