Twee-derdes van huishoudings verminder besteding op ekstras

Die kredietgraderings-onderneming TransUnion in die buurland sê 67 persent van die respondente in ‘n onlangse peiling het oor die afgelope drie maande hul besteding aan ekstras verminder. Dit sluit vermaak en uiteet in. Weihan Sun van TransUnion sê sommige kan dit nie bekostig nie, aangesien die meeste reeds baie skuld het, terwyl ander die geld vir belangriker betalings gebruik het. Hy sê die hoë inflasie was ‘n bydraende faktor: