Ontvoerders in SAPD se visier

Die Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hulle sal voortgaan om diegene agter die vlaag ontvoerings in die land te infiltreer en vas te trek. Dit volg nadat ‘n multi-dissiplinêre span gister ses mans in hegtenis geneem het wat vermoedelik deel is van ‘n sindikaat wat sake-eienaars in Gauteng teister. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes word verbind met meer as 16 gevalle in die provinsie wat ontvoerings insluit waar lospryse geëis is: