Sokker: Renaldo en Messi pak mekaar in Riaad
Sokker: ‘n Eiendomsmagnaat van Saoedi-Arabië het tydens ʼn veiling met ʼn groot gebaar meer as 44 miljoen Namibiese dollar vir ‘n spesiale kaartjie betaal om Cristiano Ronaldo en Lionel Messi in ‘n vriendskaplike liefdadigheidwedstryd teen mekaar te sien speel. Die ontmoeting tussen Ronaldo se Saudi All-Star Eleven en Messi se Paris Saint Germain vind vanaand in Riaad, Saoedi-Arabië, plaas. Dit sal Ronaldo se debuut in die land wees. Die kaartjie het byvoordele soos foto-geleenthede met spelers en toegang tot die kleedkamers. Die opbrengs van die veiling word aan die nasionale Saoedi-liefdadigheidsveldtog bekend as Ehsan geskenk.