SA bestee N$126 miljard aan persoonlike beskermingstoerusting

Die Spesiale Ondersoekeenheid sê Suid-Afrika het die afgelope jaar 126 miljard Namibiese dollar aan persoonlike beskermingstoerusting bestee en hiervan word kontrakte ter waarde van 14 miljard Namibiese dollar ondersoek. Die ondersoekeenheid se hoof, Andy Mothibi, lig die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge tans in oor die ondersoeke na hierdie kontrakte. Mothibi sê hulle het 40 persent van die sake reeds afgehandel. Hy sê opdrag is ook van die Spesiale Tribunaal verkry om 614 miljoen Namibiese dollar opsy te sit en terug te kry.