Landbouministerie se hidroloë monitor efundja

Die Namibiese landbouminsiterie het ‘n span hidroloë gestuur sodat hulle die efundja-situasie in die Noord kan monitor. Die ministerie het bevestig dat uit die 26 moniteringstasies vir vloede in die Cuvelai-kom, slegs nege operasioneel is. Die res van die stasies is deur vandale beskadig. Die efundja-water maak nou sy pad van die Ohangwena-streek na Outapi deur die Shanalumono-waterstroom. Die hidroloog, Fillemon Shatipamba, het aangedui dat meer reën in die komende dae verwag word.