Chinese Nuwejaar ook in Namibië gevier
Chinese Nuwejaar val vanjaar op Sondag 22 Januarie wanneer die Jaar van die Haas begin. As ‘n openbare vakansiedag sal Chinese mense sewe dae af kry om Chinese Nuwejaar saam met hul families te vier. Die datum word bepaal deur die Chinese maan-kalender, wat gebaseer is op die siklusse van die maan en son. Die adjunk-missiehoof by die Chinese ambassade in Namibië, Yang Jun gesels met Kosmos Nuus oor die Chinese Nuwejaarsvieringe.