Taliban moet sy beloftes nakom – Guterres
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het die internasionale gemeenskap by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos gevra om Afghanistan by te staan, al is dit net om menseregte te beskerm, maar hy sê ook die Taliban, wat in beheer is, moet sy beloftes aan sy mense nakom.