Voorsitter van mediese ‘universiteit’ vra om verskoning

Die raadsvoorsitter van die Windhoek Medical University Erastus Nekuta het ‘n verskoning aan die publiek gerig vir die voortydige advertensies van hul ongeregistreerde kursusse op sosiale media. Hy sê die advertensies is verkeerdelik op sosiale media geplaas en neem volle aanspreeklikheid daavoor. Die instansie het volgens berigte alle advertensies gestaak. Dit kom na die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië verlede week die publiek gewaarsku het om nie by die universiteit te registreer vir sertifikate, diplomas en graadprogramme nie. Nekuta sê die raad het reeds laat in 2022 ‘n brief uitgestuur het om die advertensies te staak. Intussen het Asnath Kaperu, adjunk-uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid, bevestig die universiteit is ook nie by die owerheid geregistreer nie.