SAFTU bekommerd oor werkloosheidsyfers

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie SAFTU het sy kommer uitgespreek oor die stygende werkloosheidskoers wat Statistieke Suid-Afrika gister bekendgemaak het. SAFTU sê hy het Statistieke SA se beperkings opgemerk ten opsigte van die berekenings van die Bruto Binnelandse Produk en ekonomiese groei, en die metodologie wat gebruik is om die gevolgtrekkings te bereik. Stats SA het bekendgemaak die land se werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1-persentasiepunte gestyg tot 32,6 persent. SAFTU se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dit is ‘n skande dat dit veral die jeug is wat negatief hierdeur geraak wors.