NamRA verhaal N$7,8 miljoen van bedrogspul
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, vorder met sy voortgesette ondersoek na die terugbetaling-bedrogspul wat in Maart 2022 aangekondig is. Vanaf 10 Januarie 2023 is altesaam 921 belastingbetalers by die bedrogspul betrek, wat toegeneem het vanaf 409 soos in Julie 2022 aangemeld is. Hierdie belastingbetalers is werknemers van 56 instellings wat wissel van privaatsektor-maatskappye, regeringskantore, ministeries en agentskappe, sowel as openbare instellings. ‘n Totaal van 136 miljoen Namibiese dollar moet terugbetaal word. Tot dusver is 7,8 miljoen dollar verhaal, sê Steven Ndorokaze, hoof-strategiese kommunikasie- beampte by NamRA, aan Kosmos 94.1 Nuus.