Gautengse polisie skiet vier dood in rooftog

Die polisie in Gauteng het vier rowers noodlottig gewond en twee ander in hegtenis geneem ná ‘n skietgeveg met ‘n multidissiplinêre wetstoepassing-span vandag in Glen Austin, in Midrand. Dit volg nadat beamptes inligting ontvang het oor ‘n gewapende bende wat beplan om ‘n vragmotor met elektroniese toestelle te beroof. ‘n Woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.