Aardbewing van 7 ruk Indonesië

‘n Aardbewing met ‘n sterkte van 7 het vanoggend naby Indonesië se Sulawesi-eiland plaasgevind en paniekbevange inwoners in sommige dorpe die naaste aan die episentrum, het uit geboue gevlug. Die skudding is in die naburige Filippyne gevoel. Reuters berig die Europese Mediterreense Seismologiese Sentrum plaas die aardbewing se episentrum op ‘n diepte van 64 kilometer en 141 km suidoos van die dorp, Melonguane en 10 naskokke is aangemeld. ’n Aardbewing met ‘n sterkte van 6 het ook vroeër vandag suidwes van Manado gebeur. Indonesië rus bo-op die sogenaamde “Pasifiese Kring van Vuur”, wat dit een van die mees seismies-aktiewe streke ter wêreld maak.