KFC skenk R10m aan Gift of the Givers
KFC het 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Gift of the Givers-organisasie geskenk. Bo en behalwe die 30 miljoen rand wat jaarliks geskenk word vir maatltye het die maatskappy ‘n verdere 5 miljoen rand bewillig aan Gift of the Givers vir ondersteuning aan veral landelike gebiede. Andra Noa van KFC Suid-Afrika het met die media gepraat.
Maar, die maatskappy se Add Hope-projek skenk ook 2 rand per maaltyd wat verkoop word en dus, is ‘n verdere 5 miljoen rand aan Gift of the Givers geskenk wat die totaal op 10 miljoen rand te staan bring.