Durban-burgemeester ontken dat hy vuil strande oor Kersfees gevlug het
Die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, het gerugte verwerp dat hy die feestyd in Kaapstad deurgebring het. Kaunda het op berigte en ‘n verklaring deur ActionSA gereageer waarin beweer word dat hy die afgelope feestyd op Kaapstad se strande spandeer het, terwyl vakansiegangers in eThekwini op E.coli-besmette strande moes deurbring. Die munisipaliteit se woordvoerder, Mluleki Mntungwa, sê leuens kan nie onder die dekmantel van satire vertel word om opsetlik verkeerde inligting te versprei nie: