EFF, Malema kry hou op die neus in die hof

AfriForum het die hof in Pretoria se beslissing verwelkom waarvolgens Julius Malema en die EFF se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n inderdik wat die organisasie in 2017 gekry het, met koste van die hand gewys is. Die interdik verbied Malema en die EFF om mense aan te hits om op privaat grond te oortree en dit onwettig te beset. Ernst van Zyl van AfriForum sê dit is ongrondwetlik om betreding op privaat grond aan te hits omdat dit privaat grondeienaars in gevaar kan stel: