Motorsport: Loeb skuif op na tweede algeheel in Dakar

Motorsport: Sébastien Loeb het vandag ʼn ongelooflike vyfde trajek agtereenvolgens in die Dakar-tydren gewen, na ʼn suksesvolle 12de trajek. Nasser Al Attiyah het derde geëindig om sy ystergreep op die tydren te behou, met nog net twee trajekte wat oorbly. Al Attiyah se voorsprong is 11 uur en 27 minute met Loeb wat een plek opskuif tot algeheel tweede, gevolg deur Lucas Moraes van Brasilië in die derde plek. Die Suid-Afrikaners Giniel de Villiers en Henk Lategan is onderskeidelik vierde en vyfde.